Euphorbia-wapenEuphorbiaLaerskool · Naboomspruit

Oor ons

Wortels wat diep gaan, takke na die lig

Euphorbia is 'n onafhanklike Afrikaanse laerskool in Naboomspruit, in die hart van die Waterberg. Ons glo dat kinders die beste leer waar hulle veilig, geliefd en uitgedaag voel.

Ons storie

Vernoem na 'n taai, trotse boom

Ons skool is vernoem na die euphorbia, die taai, trotse boom wat in ons Limpopo-landskap staan en floreer selfs waar dit droog is. Dit is presies wat ons vir ons kinders wil hê: wortels wat diep gaan en takke wat na die lig toe groei.

As 'n klein skool is ons soos 'n groot familie. Ouers, opvoeders en leerders ken mekaar, en saam bou ons aan 'n gemeenskap waar elke kind kan blom.

Die skool se voortuin met aalwyne, 'n windpomp en 'n ou watertenk voor die kantoorgebou

Ons waardes

Waarvoor ons staan

Geloof

Ons leef en leer In U Lig, met Bybel as 'n vak.

Respek

Vir mekaar, vir ons skool en vir die skepping.

Uitnemendheid

Ons moedig elke kind aan om hul beste te gee.

Gemeenskap

Ouers, opvoeders en kinders staan saam.

Ons span

Die mense agter Euphorbia

'n Klein, toegewyde span opvoeders wat elke kind se naam ken.

Departementshoofde

Me Jani van Heerden
Senior fase

Me Jani van Heerden

Departementshoof

Me Magdel Lotterie
Junior fase

Me Magdel Lotterie

Departementshoof

Me Charmaine van Jaarsveld
Japsnoetjies Kleuterskool

Me Charmaine van Jaarsveld

Departementshoof

Groepfoto van Euphorbia se personeel in skoolhemde voor die skoolgebou
Ons opvoeders wat elke dag vir ons kinders daar is.