


Rugby
Van vlagrugby vir die kleinspan tot volle kontak vir die oueres: ons spelers leer spanwerk, dissipline en moed.
Skoollewe
By Euphorbia is skool meer as die klaskamer. Ons leerders kry die kans om op die sportveld, op die verhoog en in die klas hul talente te ontdek.
Sport



Van vlagrugby vir die kleinspan tot volle kontak vir die oueres: ons spelers leer spanwerk, dissipline en moed.


Vinnig, energiek en vol spangees. Ons netbalspeelsters oefen hard en speel met hart.

Speel hard, speel reg, speel Forbies! Ons krieketspan leer om saam te staan, op die kolf en in die veld.

Stokke in die hand en 'n span wat mekaar rugsteun. Ons hokkiemeisies speel met vuur en 'n groot glimlag.

Ons hengelspan leer geduld, fokus en respek vir die natuur, en kom soms met 'n yslike baber huis toe!
Ons bied ook aan
Kultuur



Ons leer kinders om met selfvertroue voor 'n gehoor te praat, en ons redenaars kom met trots en sertifikate huis toe.




Kostuums, sang, dans en toneel: by ons revue en konsert klim die hele skool saam op die verhoog, van die kleinste kleuters tot die opvoeders.
Akademie

Met klein klasse kan ons met elke kind se tempo werk en help waar dit nodig is. Wiskunde is ons formule vir sukses!



Ons leer deur te doen: van proefbuise oor 'n kers tot wit blomme wat in gekleurde water van kleur verander.

In die rekenaarklas leer ons leerders al vroeg om self te programmeer, en kry hulle die digitale vaardighede wat hulle vir die toekoms nodig het.
Hoogtepunte van die jaar
Van Kaskardag tot Nasionale Melktertdag en pretdae: hier is 'n paar van die dae waarna ons leerders elke jaar uitsien.


Spoed, spanwerk en baie gelag. Spanne stoot hul kaskarre oor die grasbaan terwyl die hele skool langs die baan staan en aanmoedig.


Tussen die rye lemoenbome leer ons leerders waar hul kos vandaan kom, en proe hulle self die vrugte van die Waterberg.



Met handskoene aan en sakke in die hand help ons kinders om hul skool en omgewing skoon te hou. Ons leer vroeg om vir die skepping te sorg.

Niks sê 'lekker' soos 'n stukkie melktert met kaneel op die speelgrond nie. Dit is beslis een van die kinders se gunsteling dae.

Op leierkamp word ons oudste leerders uitgedaag (soms tot in die modder!) om saam te werk, mekaar te ondersteun en as leiers te groei.

Op ons pretdae is die hele skoolfamilie op die gras, en Florie, ons gelukbringer, is altyd daar vir 'n drukkie en 'n foto.
Nog dae op ons kalender