Akademie, Sport & Kultuur

Akademie

Ons bied die volgende vakke

Grondslag Fase

Graad R - Graad 3
Afrikaans
Engels
Wiskunde
Sesotho
Lewensvaardigheid
Bybel
Rekenaartoepassingstegnologie
Audiblox (Ingesluit by Skoolfonds)

Intermediêre Fase

Graad 4 - Graad 6
Afrikaans
Engels
Wiskunde
Natuurwetenskap & Tegnologie
Sosiale Wetenskappe
Lewensvaardigheid
Bybel
Rekenaartoepassingstegnologie
Robotika

Senior Fase

Graad 7
Afrikaans
Engels
Wiskunde
Natuurwetenskap
Sosiale Wetenskappe
Ekonomiese & Bestuurs Wetenskappe
Tegnologie
Skeppende Kunste
Lewensvaardigheid
Bybel
Rekenaartoepassingstegnologie
Robotika

Wat maak ons uniek?

  • Standaarde

    Ons handaf 'n hoë akademiese standaard. Ons hou 'n beperking op klasgetalle om te verseker dat kinders uit individuele aandag kan voordeel trek.

  • Onderrig

    Ons fokus om almal op standaard te hou met behulp van weeklikse remediërende onderrig (Didakties). Daar is ook kwartaaliks akademiese balkies vir leerders wat akademies presteer. Hierdie balkies sluit in 'n silwer baklie (rapport gemiddeld van 75-79%), 'n goue balkie (rapport gemiddeld van 80-89%) en 'n erebalkie (rapport gemiddeld van 90-100%).

  • Rekenaartoepassingstegnologie

    Rekenaarvaardighede word van 'n vroee ouderdom geleer. Vir graad R - 3 leer hulle basiese vaardighede, en vanaf graad 4 word hulle meer geleer van belangrike komponente sowel as die gebruik van programatuur soos MS Word, MS Excel, MS Powerpoint, KP Typing Tutor. Hierdie leerders voltooi elke kwartaal 'n spoedtoets om hul tikvaardighede en vordering te meet.

  • Registrasie

    Ons is geregistreer by die Nasionale Dept van Onderwys, Umalusi, ISASA, Dept van Welsyn en Gesondheid, Dept van Maatskaplike Ontwikkeling, SACE, Limpopo Independent Schools Association (LISA) en FEDSAS

Sport

Tweede Kwartaal

Rugby

Ons bied 7’s rugby aan vir onder 9, onder 11 en onder 13 aan.  Ons neem deel aan die Bosveld 7’s Liga waar twee van ons spanne die beker gewen het in 2022.
Vir ons onder 6 en 7 maats bied ons Bulletjie Rugby aan en neem deel aan Bulletjie Rugby dae.

Netbal

Ons bied netbal aan vir al ons dogters van onder 8 tot onder 13.  Die netbal neem ook deel aan die Bosveld Liga waar vyf van ons spanne die beker gewen het in 2022.
Vir ons onder 6 en 7 maats bied ons Mini-Netbal aan en neem deel aan Mini-Netbal dae.

Derde Kwartaal

Hokkie

Ons het mini-hokkie vir ons juniors en ons o/11 en 0/13-dogters neem deel aan die Sekhuhune-streek Liga! Ons is baie trots op die feit dat ons al Limpopo-wenners was.  In 2022 is twee van ons dogters gekies vir Limpopo se Marula Streekspan.

Krieket

Ons het krieket vir ons seuns wat deelneem in die onder 11 en onder 13 ligas as deel van die klein skole kategorie.  Daar is ook mini-krieket vir ons onder 7, 8 en 9 seuns.  In 2022 is twee van ons seuns gekies vir die onder 12 en onder 13 streekspanne onderskeidelik.  Ons spog ook met ‘n onderwyser wat aangestel is as afrigter van die onder 13 streekspan.

Deurlopend

Atletiek

Atletiek is die eerste sport geleentheid van die jaar, waar ons leerders uitstekend presteer.  Ons bokkesport dag sien twee spanne, die kiewiete en die loeries, teen mekaar kompeteer vir beste atlete en die meeste gees.
Ons neem deel aan skole atletiek sowel as plaasskole byeenkomste.

Landloop

Euphorbia is geregistreer by ASA-Atletiek as ‘n hardloopklub waar ons leerders die geleentheid kry om aan LIMA Landloop deel te neem.  Leerders wat presteer by LIMA Landloop word geken om aan die Limpopo Kampioenskappe deel te neem asook die SA Kampioenskappe indien hulle by Limpopo gekwalifiseer het.

Fietsry

Ons het oulike fietsryers wat deelneem onder Euphorbia Fietsryklub en neem deel aan die skoleliga waar leerders die geleentheid het om tot op provinsiale vlak kan deelneem en selfs nasionale vlak indien hulle op provinsiale vlak gekwalifiseer het.

Ons bied Atletiek, Netbal & Mini-Netbal, Rugby & Bulletjie Rugby, Sewes Rugby, Hokkie & Mini-Hokkie, Krieket & Mini-Krieket en Landloop aan sowel as Gholf en Tennis.

Ons is geregistreer by:  ASA-Atletiek, Limpopo Netbalunie, Limpopo Blou Bulle Rugby-unie, Limpopo Laerskole Hokkie, Limpopo Krieket Kleinskole. Ons neem ook deel aan Craven-en Bokkieweek.

Kultuur

Leerders kan deelneem aan meeste kulturele aktiwiteite soos skaak, drama, koor, redenaars en so meer. Ons bied formele skaak periodes aan in skooltyd en het ook ‘n lewensgrootte skaakblad op ons terrein. Daar word jaarliks om die beurt ‘n suksesvolle Kersspel of revue aangebied.  ‘n Junior en senior spreekkoor neem elke jaar aan die Eugene Marais Kultuurfees deel. Selfs die kleuters by die Japsnoetjies kleuterontwikkelingsentrum bied jaarliks ‘n konsert aan.

Kultuur by Euphorbia sluit die volgende geleenthede in:

  • Podiumpret Redenaars
  • Afrikaans & Engelse
  • Redenaars
  • Spreekkoor
  • Revue
  • Kersspel
  • FAK Geskiedenis
  • Olimpiade
  • Skaak
  • Voortrekkers