Skoolinligting

Algemene Inligting

Nuusbriewe word elke 2de Maandag aan ouers ge’Whatsapp’. Dit is ook op die ‘d6 Connect’-toepassing beskikbaar. Ander belangrike inligting mag ook van tyd tot tyd, gedurende die week, uitgestuur word.

Alle skoolaktiwiteite en ouervergaderings word op die kalender aangedui. Dit is ook op ‘d6 Connect’ beskikbaar.

Let Wel: Sommige datums mag deur die loop van die kwartaal verander.

Om die toepassing te installeer, kliek hier en volg die instruksies.

Skoolhekke is gesluit deur die dag.  Ouers kan hekskyfies by die finansiële kantoor huur om toegang te verkry deur die dag. Alle skoolhekke sluit 14:00.

Leerders mag slegs tasse gebruik wat geskik is om boeke te beskerm. Kantversterkings verhoed die verweer van handboeke en skrifte. 

Ouers word versoek om gereeld deur tasse te gaan om na skrifte, handboeke en omsendbriewe te kyk.

Daar is ook skooltasse in die skoolkantoor te koop beskikbaar.

Huiswerk in die Grondslagfase word gegee om die werk wat in die skool gedoen is, vas te lê en te versterk. Vanaf graad 4 tot 7 is huiswerkopdragte verpligtend en kinders wat dit nie doen nie, sal gepenaliseer word.

Ons het Dinsdae en Donderdae in 2de pouse ‘n snoepie, waar leerders lekkers en koeldrank kan koop.

Leerders moet asseblief hulle eie fietse binne die fietsloods sluit.

Skooltye

Euphorbia
Japsnoetjies

Graad 1 – 3
Maandae – Donderdae
07:15 – 13:30
Vrydae
07:15 – 12:50

Graad 4 – 7
Maandae – Donderdae
07:15 – 13:30
Vrydae
07:15 – 12:50

Graad 00 00 – 000
Maandae – Vrydae
08:00 – 12:00

Graad R
Maandae – Donderdae
07:30 – 13:00
Vrydae
07:30 – 12:50

Skooldrag

Skooldrag Somer

Skooldrag Winter

Uitstappiedrag

Sportdrag

Ons Skoollied

Kyk hoe skyn ons U lig
In ons skool hier gestig
Dis ons trots en ons plig
om ons naam uit te bou.
Ons sal staan, ons sal veg,
tot die einde vir wat’s reg.
Om ons naaste so lief
soos ons self te hê.
Hoor hoe smeek ons O Heer,
gee ons daagliks U brood.
Maak ons sterk vir U werk
in Euphorbia.
Gee ons hoop, gee ons krag.
Daar is geen sterker mag
Kyk hoe skyn ons U lig
in Euphorbia
Kyk hoe skyn ons U lig
in Euphorbia
In U Lig